By dissipelland is elke kind vir ons baie belangrik en spesiaal!
Daarom word daar moeite gedoen om elke kind by ons aktiwiteite te betrek en seker te maak elkeen word op sy/haar vlak bedien en uitgedaag om 'n dissipel vir Jesus te word. Dis 'n wonderlike reis van ontdekkings en groei…
Ons glo kinders behoort Christenskap sinvol en relevant op hul vlak te kan verstaan en beleef! Ons wil by hulle 'n liefde kweek vir die Here, vir Sy Woord, vir Sy skepping en Sy Kerk.
Ons wil JESUS vir hulle SIGBAAR, VOELBAAR en VERSTAANBAAR maak deur relevant te wees, nie vervelig nie, anders gaan kinders begin aanvaar dat dit ook vervelig is om die Here te dien.
Daarom maak ons van elke moontlike geleentheid gebruik om kinders te betrek. "Dissipelland" is kinders se Sondagoggend "Erediens."
Kinderkerk begin Sondag 20 Januarie 2019 om 09:00 tydens diens
Kinderkerk is vir voorskool to GR 6
Skakel Vanessa by 072 395 5439 vir meer inligting
Klik gerus op die skakel om die Kinderkerk dienste weer te geniet:
Mei 2020 10 Mei Kinderkerk 17 Mei Kinderkkerk 24 Mei Kinderkerk 31 Mei Kinderkerk
Junie 2020 7 Junie Kinderkerk 14 Junie Kinderkerk 21 Junie Kinderkerk
Julie 2020: 5 Julie Kinderkerk 11 Julie Kinderkerk 19 Julie Kinderkerk 25 Julie Kinderkerk