Vanessa Pretorius is aan stuur van sake by die susters saam met haar sustersraad. 

 Drikus

 

 

Drikus Barnard is ons gemeente se voltydse Jeugwerker en in beheer van die Jeug.

Jeug Visie

Om elke tiener en jong volwassene ʼn plek te gee waar hulle kan behoort en bedien.

Waar hulle die Woord van die Here kan ontvang en die Goeie Nuus aan ander kan vertel.

Dat hulle deel sal vorm van die gemeente en ʼn impak in ander se lewens kan maak.

Kontak hom gerus op +27 60 995 4696

Ons kom Sondag oggende 09:00 en Vrydae aande 18:30 bymekaar:

 

 MG 0481 Copy

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pastoor Leon en suster Siena Potgieter bedien die Deo Gloria groep

Dis vir ons belangrik dat ons Senior lidmate ook bedien word, hier sing ons lekker ou Pinkster koortjies, bedien mekaar met Woord, Gebed en Getuienisse en kuier dan om ’n bordjie soet of sout.

Ons beplan ook ‘n toer later in die jaar.
Hou die spasie dop … hier kom groot dinge!

Woensdae 10:00

 

 

 

 

 

 

 

 

By dissipelland is elke kind vir ons baie belangrik en spesiaal!

Daarom word daar moeite gedoen om elke kind by ons aktiwiteite te betrek en seker te maak elkeen word op sy/haar vlak bedien en uitgedaag om 'n dissipel vir Jesus te word. Dis 'n wonderlike reis van ontdekkings en groei…

Ons glo kinders behoort Christenskap sinvol en relevant op hul vlak te kan verstaan en beleef! Ons wil by hulle 'n liefde kweek vir die Here, vir Sy Woord, vir Sy skepping en Sy Kerk.

Ons wil JESUS vir hulle SIGBAAR, VOELBAAR en VERSTAANBAAR maak deur relevant te wees, nie vervelig nie, anders gaan kinders begin aanvaar dat dit ook vervelig is om die Here te dien.

Daarom maak ons van elke moontlike geleentheid gebruik om kinders te betrek. "Dissipelland" is kinders se Sondagoggend "Erediens."

Kinderkerk begin Sondag 20 Januarie 2019 om 09:00 tydens diens

Kinderkerk is vir voorskool to GR 6


Skakel Vanessa by 072 395 5439 vir meer inligting

Klik gerus op die skakel om die Kinderkerk dienste weer te geniet:

Mei 2020            10 Mei Kinderkerk           17 Mei Kinderkkerk          24 Mei Kinderkerk                31 Mei Kinderkerk

Junie 2020          7 Junie Kinderkerk         14 Junie Kinderkerk          21 Junie Kinderkerk

Julie 2020:        5 Julie Kinderkerk       11 Julie Kinderkerk      19 Julie Kinderkerk         25 Julie Kinderkerk