Hierdie Gemeente van die Volle Evangelie Kerk in Kempton Park is ‘n Hospitaal vir die siekes, nie ‘n plek waar godsdienstige mense bymekaar kom om gesien te word nie, of om soos die Fariseers van ouds te wil wys hoe goed ons is nie!

 

NEE, hier is ons almal GEREDDE SONDAARS, en ons maak plek vir almal wat redding soek, maak nie saak wie of wat jy is, of wat mense van jou dink of van jou sê nie; wat hier saak maak is dat jy ‘n kosbare siel is wat gelei moet word tot ‘n ontmoeting met Jesus Christus.

 

Wil dit sê dat almal van ons wat hier is geen sonde het nie? NEE, NATUURLIK NIE, maar ons bely ons sonde en ons vra om vergifnis en probeer dan ‘n skoon lewe lei. Ons praat nie sonde goed hier nie, maar ons verkondig ‘n God wat die mens gemaak het en baie goed weet hoe kwesbaar ons is, en hoe swak.

 

Hier word niemand weggewys op grond van hulle sonde nie, maar jy sal die Woord van God hoor, wat jou sal help om self te besluit wat moet nog regkom in jou lewe. By ons is niemand perfek nie, ook nie eens die Pastoor nie! Ons maak almal foute en het almal maar probleme in ons lewe, want ons lewe in ‘n imperfekte wêreld, maar ons weet dat God se Genade en Sy liefde oortref alles.

 

Hierdie is 'n Afrikaanse gemeente, maar enigiemand van enige ras wat hierby kan aanpas is welkom. Ons het selfs mense wat Engels tuis praat wat ons bediening geniet.

 

Kom gerus saam met ons op reis na die ewigheid.