Almal jaag rond dag na dag, selfs hier by ons huis, daar word gebou elke dag aan nuwe huise wat die mense voor wag, en alles is ‘n gejaag na wind.........

 

Ek wonder hoeveel mense dink regtig daaraan dat al hierdie wêreldse dinge maar net tydelik is, en dat ons moet bou aan ons ewigheid. Want so seker as wat die son vandag weer skyn, kom die einde. Of dit is die einde van ons lewe op aarde, of die einde van die Kerk op aarde, met die wegraping, of daarna die einde van die wêreld, soos ons dit ken; Maar ‘n einde is daar, niks hou vir ewig nie, NET GOD in Sy alwysheid.

 

Dit is so hartseer om te hoor hoedat die politieke leiers so tekere gaan voor ‘n verkiesing, so asof alles daarvan afhang of hulle gekies word of nie; Maar al word hulle gekies, na ‘n paar jaar is hulle skielik nie meer populêr nie, en dan val hulle weer uit. As die ou mensdom maar net wou besef dat waaroor hulle bekommerd moet wees is hulle ewigheid, nie hierdie tydelike dinge nie. As almal dit tog maar net wil besef, sal almal soek na die VREDE wat God al-leen kan gee; en dan kan almal begin bou aan hulle ewigheid waar niks vergaan en mot en roes nie kan verniel nie.

 

Ag mensies: WERK WANT DIE NAG KOM NADER...... DAN IS DIT TE LAAT. VERANDER NOU, BEKEER JOU NOU TERWYL DAAR NOG TYD IS.

Prys God dat Hy nog so lankmoedig is met die mens.

 

Kliek hier om ons leerstelling in PDF af te laai.