Ons gemeente se herderspaar is Pastoor Willem en Suster Vanessa Pretorius.
Kontak Pastoor Willem gerus by:
076 962-4777.
Pastoor Willem en Vanessa Pretorius is beroep om ons gemeente vanaf 1 Januarie 2019 te bedien saam met met hul kinders Janika, Wian en Juwan.
Pastoor Rick en Lauraine Botha het die beroep na Kempton Park aanvaar in 2007 en bedien tot haar afsterwe laat in 2012.
Pastoor Rick is met Annatjie (Barnard, 'n weduwee) in die huwelik bevestig uit ons gemeente op 4 Mei 2013, en het ons bedien tot hul aftrede op 31 Desember 2018.
Dr. David Scott, het saam met sy vrou Ina en hul dogters Charlotte en Unita, ons gemeente bedien vanaf Februarie 1990 tot en met sy kort siekbed en afsterwe gedurende April 2007.
Past Rykie en suster Grieta Steyn en hul kinders Ilze, Adri, Raymond, Simon en Elmo het die gemeente bedien vanaf 1981 tot 1990, toe hul die
beroep na PE Noord opgeneem het.
Past Eddie en suster Miemie Kruger was die herderspaar vanaf 1967, toe die gemeente nog uit die kerk in Maxwellstraat bedryf was. Tydens hul bediening was die huidige kerk kompleks beplan en laat bou oor 'n tydperk van drie jaar. Hul het die gemeente bedien vir 17 jaar tot 1981, toe hul na Nylstroom beroep was.
By dissipelland is elke kind vir ons baie belangrik en spesiaal!
Daarom word daar moeite gedoen om elke kind by ons aktiwiteite te betrek en seker te maak elkeen word op sy/haar vlak bedien en uitgedaag om 'n dissipel vir Jesus te word. Dis 'n wonderlike reis van ontdekkings en groei…
Ons glo kinders behoort Christenskap sinvol en relevant op hul vlak te kan verstaan en beleef! Ons wil by hulle 'n liefde kweek vir die Here, vir Sy Woord, vir Sy skepping en Sy Kerk.
Ons wil JESUS vir hulle SIGBAAR, VOELBAAR en VERSTAANBAAR maak deur relevant te wees, nie vervelig nie, anders gaan kinders begin aanvaar dat dit ook vervelig is om die Here te dien.
Daarom maak ons van elke moontlike geleentheid gebruik om kinders te betrek. "Dissipelland" is kinders se Sondagoggend "Erediens."
Kinderkerk begin Sondag 20 Januarie 2019 om 09:00 tydens diens
Kinderkerk is vir voorskool to GR 6
Skakel Vanessa by 072 395 5439 vir meer inligting
Klik gerus op die skakel om die Kinderkerk dienste weer te geniet:
Mei 2020 10 Mei Kinderkerk 17 Mei Kinderkkerk 24 Mei Kinderkerk 31 Mei Kinderkerk
Junie 2020 7 Junie Kinderkerk 14 Junie Kinderkerk 21 Junie Kinderkerk
Julie 2020: 5 Julie Kinderkerk 11 Julie Kinderkerk 19 Julie Kinderkerk 25 Julie Kinderkerk
Drikus Barnard is ons gemeente se voltydse Jeugwerker en in beheer van die Jeug.
Jeug Visie
Om elke tiener en jong volwassene ʼn plek te gee waar hulle kan behoort en bedien.
Waar hulle die Woord van die Here kan ontvang en die Goeie Nuus aan ander kan vertel.
Dat hulle deel sal vorm van die gemeente en ʼn impak in ander se lewens kan maak.
Kontak hom gerus op +27 60 995 4696
Ons kom Sondag oggende 09:00 en Vrydae aande 18:30 bymekaar:
Vanessa Pretorius is aan stuur van sake by die susters saam met haar sustersraad.